Daar is twee chalets met vier beddens in en twee chalets met drie beddens in.
Die chalets het ook elkeen sy eie groot badkamer.
Die chalets word daagliks gediens.
In die hoofgebou is daar drie slaapkamers wat elk 'n dubblebed in het.
Twee van die kamers deel 'n badkamer maar die
hoofslaapkamer het sy eie badkamer.
Die beddens is smaakvol opgemaak met komberse en badhanddoeke.
Al die chalets en kamers is lugverkoel.
Daar is 'n kroegarea wat 'n yskas, vrieskas, ysmasjien en glase het.
DSTV in kuier vertrek wat ook lugverkoel is.
Ons het ook 'n beskutte braaiarea by die hoofgebou wat alle braai geriewe het.
Daar is by die dam 'n boma met braai geriewe.
Daar is 'n swembad, swemhanddoeke word nie voorsien nie.
Geen troeteldiere word toegelaat nie.